TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

eExtra Weekdae 20:30

H Weekdae eExtra (*DStv 195/Openview *105) 04:05

O Saterdae eExtra 20:50

VERLEDE KEER

Asli se ontsnappogings het weer misluk, Cünyet en Gülsüm het hul liefde op hul ongebore baba se lewe gesweer, en Cem het die troue bederf. Asli het aan Cem gesê sy wil trou, en Ferhat se motor is gesteel.

2 – 4 DESEMBER

Handan se plan om Ferhat te vernietig neem vorm aan danksy die hulp van ’n nuwe bondgenoot, en Cem sleep Ferhat en Asli na die polisiekantoor vir ondervraging, maar albei hou by hul stories. Die gesin hou ’n oordadige partytjie soos beplan ondanks die ontwrigting van die troue, en Asli is nie tevrede met haar nie huis nie en eis ’n opknapping. Ferhat kry die skootrekenaar met verdoemende bewyse terug, en Gülsüm onthul hy het die skootrekenaar gesteel vir losprysgeld om uit die stad te vlug.

7 – 11 DESEMBER

Ferhat en Asli woon ’n belangrike operasie by om seker te maak niks gebeur in die teater nie, en die polisie vind ’n lyk wat pas opgegrawe is en deel van die ondersoek na ’n ou onopgeloste saak is. Handan vertel Namik Idil is swanger en Yeter het kom kuier, en Ferhat sê vir Asli sy moet aanvaar Sinan is getroud. Handan en Yeter gaan voort met hul plan om Idil tot hul eie voordeel te manipuleer, en Ferhat soen vir Asli. Gülsüm gaan weens stres voortydig in kraam, en ná nog verraad is Asli onseker wie sy kan vertrou. Asli sluip by Ferhat se kantoor in op soek na leidrade, en Ferhat besef hy is nie die baba se pa nie.

14 – 15 DESEMBER

’n Handlanger maak gereed om die spioenasiemeeluistertoestel te versteek, en Namik kry ’n dreigoproep. Ferhat en Asli word agternagesit, en Idil beplan om by die gesin se huis in te trek vir die res van haar swangerskap.

SPELERS (en stemakteurs): Asli Cinar Aslan Birce Akalay (Liandé Valentyn) •Cem Cinar Ugur Aslan (Roberto Kyle) •Cünyet Kocak Cahit Gök (Allister Sebastian) •Ferhat Aslan Ibrahim Çelikkol (Riaan Ellis) •Gülsüm Aslan Sinem Ünsal (Maria Valente) •Handan Adakli Kadriye Kenter (Marion Holm) •Idil Yaman Ece Dizdar (Roeline Daneel) •Namik Emirhan Muhammet Uzuner (Geon Nel) •Sinan Kivanç Kasabali •Yeter Aslan Arzu Gamze Kilinc (Taryn Hess) •Yigit Aslan Deniz Celiloglu (Keeno-Lee Hector)

e.tv Weekdae 16:45

H Weekdae e.tv (*194) 08:30

VERLEDE KEER

Sami en Lucas het emosioneel herenig, Nicole was afsydig teenoor Eric, en Sonny het Chad en Andre se hulp gevra. Justin het Bonnie voor stok gekry, Hope het wraak gesoek, Kayla en Steve was besorg oor Adrienne se vreemde gedrag, en Victor en Bonnie is getroud.

2 – 4 DESEMBER

Rafe en Hope lê ’n bose komplot bloot, Steve kry slegte nuus oor Kayla, en Chad en Abby is geskok oor Ben se ontsnapping. Paul erken aan John hy’s bang hy verloor Sonny, Sami is vasberade om Will te kry, en Eli kom nader aan Gabi en Arianna.

7 – 11 DESEMBER

Kate wil weet wie DiMera Enterprises saboteer, Sami, John en Marlena kry nuus oor Will, en Adrienne en Justin herbevestig hul verbintenis. Kate en Theo se ontmoeting word onderbreek, Chad bied Abby ’n werk aan, en Eve se onthulling verstom Victor en Brady. Eric en Brady se samekoms is gespanne, en Kate het planne vir Gabi. Theo se plan om Claire te help boemerang, en Eve ontken sy was by Deimos se dood betrokke.

14 – 15 DESEMBER

Paul het ’n bekentenis, en ’n tragiese skietvoorval vind plaas in Salem.

SPELERS: Marci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Penghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Harper & Sydnee Udell •Austin Peck •Tamara Braun •Robert Scott Wilson •Eric Martsolf •Judi Evans •Peggy McCay •Christie Clark •Billy Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Lauren Leatherer •Jordi Vilasuso •Gregg Marx •Vincent Irizarry •Charles Shaughnessy •A. Martinez •Lamon Archey •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Paige Searcy •Melissa Reeves •Casey Moss •James Lastovic •Drake Hogestyn •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Sal Stowers •Aaron D. Spears •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Deidre Hall •Arianne Zucker Nichols •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Josh Taylor •Alison Sweeney •Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph MascoloShelley Hennig •Stephen •Kyler Pettis •Elowen & Willow S. •Lucas Adams •Vanessa A.Williams •John Aniston •Chandler Massey •Scott Shilstone

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 20:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE H Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (*195) 04:05 O Saterdae eExtra 10:45 Zeynep was ontsteld omdat Müjgan haar vir Mehdi se situasie blameer het, Ekrem was die geskikte bloedskenker vir Mehdi, maar het
TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild

Related