Weg! Ry & Sleep

Bela-Bela is ’n boskampplek ryker

Veldry-entoesiaste wat die wêreld rondom Bela-Bela al platgekuier het, kan nou by ’n nuwe bestemming afsaal. Lekwena Ranch is 27 km buite die dorp, op die Alma-pad, en hier is pas ’n nuwe kampplek ingerig.

Dele van die grondpad tot by Lekwena is nie bedoel vir padwaens nie, maar nommerpas vir jou bos- of -woonwa.

Die kantoor is sowat 1,5 km van die hek af en dien sommer ook as onthaalplek, waar jy boonop goed soos koeldrank, lekkergoed, ys, hout en houtskool kan aanskaf. Langsaan is ’n ronde swembad en die badkamers.

Hier is nie kragpunte op die staanplekke nie, maar as jy dalk ’n foon of iets anders wil laai, kan jy by die badkamers of onthaalplek regkom. (Hoewel die selfoonsein maar power is, is hier wifi by die onthaalgebied.)

Die tien staanplekke begin 100 m verder die bosse in en is skoongemaakte kolle tussen die plantegroei. Die staanplekke is 50-80 m uitmekaar en is dus heerlik privaat en stil. Elke staanplek het ’n waterpunt, vullisdrom en losstaande staalbraaier. Een van die staanplekke het plek vir tot vier boswaens as jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges