Weg! Ry & Sleep

Linksom deur die suide

Hierdie roete van bykans 2 000 km kronkel deur vier van Namibië se 14 amptelike distrikte. Jou reis begin by die Nakob-grenspos, 130 km wes van Upington. Volg die B3-hoof-roete tot op Karasburg waar jy proviand kan koop voordat jy kort daarna die teerpad verlaat.

Die grondpad begin by Grünau, ’n piepklein nedersetting in die Karas-distrik met slegs ’n handjie vol huise, ’n vulstasie en ’n hotel met ’n swembad en staanplek vir vier boswaens. Ry weswaarts uit Grünau en volg die C12-grondpad vir 36 km tot op Klein-Karas – ’n gehuggie wat selfs kleiner is as Grünau.

Klein-Karas se mense maak staat op bokboerdery en het onlangs internasionale bekendheid verwerf vir hulle kangal- en anatoliese herdershonde wat die gemeenskap se boerbokke teen luiperds beskerm. Dié honde bevoordeel nie net die boere nie, maar beskerm ook die luiperds teen uitwissing.

’n Treinspoor loop parallel met die grondpad tussen Grünau en Klein-Karas tot by die Holoogberg op die rand van die Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark, vanwaar die spoorlyn noord swenk Keetmanshoop toe. Draai hier links op die C37-grondpad tot by die Canyon Roadhouse (S27.52481 E17.81521), waar ’n winkel vol aandenkings en snuisterye op besoekers wag, ’n swembad, gastekamers asook 10 staanplekke. Dit is egter die restaurant wat die grootste aftrek kry –die volgende plek waar jy só lekker gaan eet, is eers op Lüderitz, 500 km hiervandaan.

Die daaropvolgende aftrekplek is Hobas – hiervandaan kan jy die Visriviercanyon se uitkykpunt besoek. Volg die goor grondpad – hy’s sinkplaat gery deur derduisende besoekers – vir 11 km óór die Hunsvlakte tot by die rand van die canyon. Dié skeur in die aarde is 160 km lank en naas die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related