Finweek - Afrikaans

ONTLUIKENDE MARKTE … EN TENDENSE

ontluikende markte trek weer beleggers se aandag – al is dit in gedempte mate. Die uitslag van Amerika se presidensiële verkiesing kan saam met lae of negatiewe rentekoerse in hoofsaaklik ontwikkelde markte dalk net die oplewing bied wat ontluikende markte se bates nodig het.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum het laat in September gereken dat $13 700 miljard in bates met negatiewe opbrengskoerse gehou is. Dis omtrent die grootte van China se bruto binnelandse produk (BBP). Ons sal egter inkomstestaatitems met balansstaatitems vergelyk. Vir beleggers – en die toenemende aantal pensioentrekkers in ontwikkelde markte – beteken dit niks goeds vir die nabye toekoms nie. Terwyl die opbrengs afneem op markte soos die Europese Unie (EU), Brittanje, Japan en Amerika, reik geldbestuurders na riskanter markte in ’n poging om ’n bietjie positiewe opbrengs te kry. Die geldvloei na ontluikende markte was egter histories wisselvallig. Tog is $13 700 miljard in bates met negatiewe opbrengskoerse ’n ontsaglike bedrag. Die wêreld is vol goedkoop kontant, en ontluikende markte – met of sonder elke nasie se eienaardighede – kan deur dié reuseberg kapitaal bevoordeel word.

Eers moet ons egter die raaisel binne konteks plaas waarin ontwikkelde markte en sommige ontluikende markte hul bevind. Regeringskuld het die afgelope twee dekades wêreldwyd baie toegeneem, met vinnige stygings sedert die ineenstorting van Lehman Brothers in 2008 en die daaropvolgende wêreldwye finansiële krisis. In die EU het besuiniging – aangedryf deur fiskaal omsigtige nasies, waaronder Duitsland, Nederland en Denemarke – lande soos Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje na die rand van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di
Finweek - Afrikaans3 min read
Hoe Om In Die Volgende Dekade Na Waarde In Aandele Te Soek
baie mense vra my uit oor die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse in die volgende dekade. Dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Soos ek al voorheen aangedui het, is die gehalte van die fondse waarin jy belê belangriker as die enkele prestas

Related