Landbouweekblad

Boer vooruit met meerlinge en presisievoeding

Die finansiële impak van die voortslepende droogte het mnr. Zeiss Jordaan in 2015 gedwing om selfondersoek te doen oor hoe hy sy boerdery vorentoe gaan neem. Dit was nie net om die droogte te oorleef nie, maar veral om sy produksie en wins te verhoog.

Op die plaas Zuurfontein tussen Cradock en Graaff-Reinet in die Oos-Kaap bestuur hy sy Sneeuberg-Dohne-Merino-stoetery en kommersiële kudde op dieselfde manier. Soos in die meeste dele van Suider-Afrika het hy erg onder die droogte deurgeloop. Die weiding was skraps en hy moes met tye al sy voer inkoop. “Dit het maar rof gegaan.”

Nadat hy verskeie opsies oorweeg het, het Jordaan besluit om meer klem te lê op presisievoeding en reproduksie, veral seleksie vir meerlinge en doelmatige voeding van sulke ooie. “My oogmerk was ooie wat hul wolproduksie handhaaf en twee of meer lammers speen.”

Die gunstige gevolg was dat hy in die laaste lamseisoen ’n verwagte lampersentasie van 173% gekry het uit 1 126 ooie wat geskandeer was.

Om daarby uit te kom, moes hy eers verskeie aanpassings in sy bestuur oorweeg, spesifiek wolproduksie, vleisinkomste, voeromsettingsverhouding, uitgawes en voeding. “Ons het al in daardie stadium meerlinge van die ooie gekry, maar in die droogte het ek ’n paar opsies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related