Landbouweekblad

Wetenskap en praktiese beginsels in perfekte balans

Op dié baanbrekerteler se plaas word die hoogste moontlike vlak van presisieparing behaal. Nietemin skeep mnr. André van der Merwe nie die oog af nie, wat steeds ’n belangrike plek in seleksie het om net die beste beeste volgens rasstandaarde in sy stoetery te gebruik.

Dié boer van Reitz in die Oos-Vrystaat is met die gesogte eerbewys as Molatek, Landbouweekblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2020 op die virtuele Veeskool van die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) bekroon.

Van der Merwe, sy vrou, Riana, en hul seun, Manfred, boer op die plaas Amanda met hul Wouman-Brangusstoetery. Hulle teel rooi en swart Brangusse en is uitsluitlik stoettelers wat stoetbulle vir hulself en vir verkoop aan ander beesboere teel. Hulle het nie ’n kommersiële beeskudde nie.

Hulle gebruik swart bulle se semen om rooi koeie en verse kunsmatig te insemineer (KI). Dit waarborg swart kalwers, maar verseker ook dat die swart kalf die rooi gene het. Dié nageslag beskik dus oor 50% rooi en 50% swart deelgene.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo