Landbouweekblad

Sterk landbou-aar op Calitzdorp raakgeboor

Selfs in die landbougemeenskap van Calitzdorp in die Klein-Karoo was die binnewerkinge van die landbou tot redelik onlangs onbekend vir die deursneeskoolkind. Sedert 2017 leef leerders van die Hoërskool Calitzdorp hulself egter uit danksy die insluiting van twee landbouvakke, landboubestuur en landboutegnologie. Hulle floreer só dat dit moeilik is om hulle selfs in vakansietye van die skool weg te hou.

“Die leerders is ‘vrywillig geesdriftig’ oor die vakke,” sê mnr. Gerrit Huysamen, die landboutegnologie-onderwyser en een van die dryfkragte om dié landbouvakke by die skool se vakkeuses te voeg.

“Nou met lamtyd waar die (Angora)bokke hul lammers moet laat drink, of met lusernsnytyd, wil die kinders net help. Hulle hou van die aktiwiteitsvakke, en hul geesdrif is net baie meer as in ander akademiese afdelings, want hulle leef hulself ten volle uit.”

Danksy die vakke word die gemeenskap se oë

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o