Landbouweekblad

Droëland-sojabone klop byna besproeiing

Dit was nie eens met sy gunstelinggewas, mielies, dat mnr. Clinton Frey van Winterton in twee gewas-opbrengskompetisies die botoon gevoer het nie, maar met sojabone.

Clinton se wenopbrengs van 5,12 t/ha was die hoogste vir droëlandverbouing in DuPont Pioneer se Weeg-en-Wen-kompetisie in die hele Suid-Afrika en is net geklop deur die hoogste opbrengs van 5,282 t/ha wat mnr. Tommie Scholtz van die nabygeleë Bergville onder besproeiing behaal het. Clinton het ook die droëlandafdeling in KwaZulu-Natal in Graan SA se Grow for Gold- nasionale opbrengskompetisie gewen.

In Graan SA se kompetisie het net mnr. Japie Breedt van Bapsfontein (droëland, sentrale streek) met 5,29 t/ha en mnre. Willie Dreyer en IG Venter van Viljoenskroon (watertafelgrond) met 5,28 t/ha méér sojabone as Clinton op droëland geoes.

Clinton boer op die plaas Doveton net buite Winterton. Hy produseer mielies, springmielies, sojabone, koring en ertjies, plant dekgewasse en boer met 1 000 kruisraskoeie om speenkalwers te teel.

Die boerdery het sy beslag gekry toe sy pa, Lothar, gedurende die 1980’s aan die Suidkus van KwaZulu-Natal met hoenders begin boer en in 1996 ’n plaas naby Estcourt in die provinsie gekoop het om mielies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad1 min read
Limpopo-pryse Bult Spiere
In Gauteng en KwaZulu-Natal het die pryse van grondtransaksies redelik stabiel gebly, en in Limpopo is ’n verbetering in byna driekwart van die distrikte opmerklik. Daar was 502 transaksies in Gauteng en 81 672 ha is vir R3,438 miljard verhandel. In