Huisgenoot

DIE CAMBRIDGE-BETOWERING

PRINSES Diana sou so trots gewees het. Haar oudste seun is ’n toonbeeld van alles wat sy was – opreg, hartlik, hardwerkend en toegewy aan kwessies wat mense ophef. Boonop is hy getroud met ’n vrou wat net soveel vir die koninklike familie se gewildheid beteken as wat sy self he

Saam laat die hertog en hertogin van Cambridge ’n tikkie van hul spesiale soort betowering agter oral waar hulle gaan. En dít was nog nooit duideliker as in hierdie jaar van ontwrigting, vrees en onsekerheid nie. Terwyl die coronaviruskrisis wêreldwyd verwoesting saai, het prins William en Catherine projekte aangepak om troos, hoop en ondersteuning aan hul landgenote te bied.

Aanhangers kon nie anders as om te glimlag toe die egpaar in die aanloop tot Kersfees hul drie oulike spruite na ’n sprokieskonsert neem nie. Dié uitstappie na die -opvoering in Londen was die Cambridges se eerste rooitapytgeleentheid as gesin, en die koninklike kleingoed se debuut

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol