Avontuur Afrika

AVONTUUR om elke draai

Toergidse en-boeke beskryf Zambië as die land van watervalle en groot mere. Wat hulle dikwels nalaat om te uit te lig, is dat dit ook die land van onbekende paaie (en soms geen paaie) na die mooiste plekke op hierdie kontinent is. Daar is ‘n verskil om ‘n pad te bestudeer op ‘n GPS of kaart en om dit dan fisies te gaan ry, maar dit is mos nou juis wat hierdie landreis avonture, waarvoor ons so lief is, so lekker maak. Daardie opwinding van die onbekende, daardie avontuur wat wag om die volgende draai! So was Route 5, net suid van Mpika, dan ook. Maar wag, kom ek begin by die begin.

Om by Suid-Luangwa uit te kom, het jy eintlik net een van drie keuses. Die eerste is die vervelige pad via Lusaka, Chongwe en Chipata as jy nie deur Malawi wil ry nie. Vir meer avontuurlustiges is daar die noordelike pad deur Noord Luangwa. En vir dié wat hare op hulle tande het is daar die suidelike pad via die Muchinga Platorand Pas en deur die Mupamadzi rivier oor ’n baie wankelrige paalbrug. Ek moet ook noem dat laasgenoemde roete slegs oop is vanaf Julie tot einde Oktober, of dalk die eerste week in November. Die rede hiervoor is dat die eerste reëns die pad totaal en al onbegaanbaar maak ná die Munyamadzi korridor, waar daar groot swart-modder panne en vele rivierkruisings is. Dié modder – of soos die plaaslike gemeenskap dit noem – is nie ‘n man se maat nie en as jy eers daarin wegsak, kan jy maar jou voertuig los tot die droë seisoen. Enigeen wat jou gaan probeer herwin gaan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related Books & Audiobooks