TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

Ferhat het gesukkel met die skietery op Asli, en ’n konfrontasie het tot meer probleme vir Ferhat gelei toe iemand gesterf het.

30 DES. – 1 JAN.

Cüneyt en Ferhat is saam in ’n vyand se herehuis vasgekeer en beplan hul ontsnapping, en Asli is oorgehaal om die vermeende moordenaar vas te trek. Namik neem ’n moeilike besluit in verband met sy politieke loopbaan, maar hy weet nie hoe om sy gesin te vertel hy gaan onttrek nie, en daar is ’n vaderskapprobleem toe iemand uitvind hy is nie die baba se pa nie. Ferhat bewys hy het ’n sagte hart en laat Asli toe om mediese hulp te kry, die plan om Ebru omver te werp word onthul, en ’n vrou besef nie sy is in lewensgevaar nie.

4 – 8 JANUARIE

Ferhat en Asli het op dieselfde tyd belangrike en lewensveranderende besluite om te oorweeg: Ferhat moet kies tussen sy gesin en sy liefde vir Asli, terwyl Asli moet besluit of sy Ferhat gaan vertel van sy biologiese pa. Die polisie verskerp hul soektog na die moordenaar en hulle dink hulle is op die regte spoor, Namik se nuwe plan neem vorm aan en hy beplan om Asli agterna te sit, en daar is nóg drama vir Asli wanneer dit lyk asof haar verhouding met Ferhat verby is. Asli se besluit boemerang wanneer sy besef sy kan nie haar fout ongedaan maak nie, en Namik verstaan nie wat het gebeur ná Asli se inmenging nie.

11 – 12 JANUARIE

Ferhat probeer Asli red van nóg ’n sluipmoordaanval, Ferhat bekook ’n plan om Cüneyt te vernietig, en die gesin staan saam wanneer een van hulle aangeval word.

SPELERS (en stemakteurs): Asli Cinar Aslan Birce Akalay (Liandé Valentyn) •Cem Cinar Ugur Aslan (Roberto Kyle) •Cüneyt Kocak Cahit Gök (Allister Sebastian) •Ebru Özgül Sagdiç •Ferhat Aslan Ibrahim Çelikkol (Riaan Ellis) •Gülsüm Aslan Sinem Ünsal (Maria Valente) •Handan Adakli Kadriye Kenter (Marion Holm) •Idil Yaman Ece Dizdar (Roeline Daneel) •Namik Emirhan Muhammet Uzuner (Geon Nel) •Sahin Turgay Kantürk •Sinan Kivanç Kasabali •Yeter Aslan Arzu Gamze Kilinc (Taryn Hess) •Yigit Aslan Deniz Celiloglu (Keeno-Lee Hector)

VERLEDE KEER

Claire is na die hospitaal gehaas, Sami en Sonny het gesukkel om by Will aanklank te vind, en Eric het daarin geslaag om Jennifer op te spoor.

30 DES. – 1 JAN.

Rafe is verpletter deur Hope se nuus, John en Marlena hoor van die ontvoering, en Sami wil vir Will help. Sami laat die aap uit die mou oor Will aan Rafe, Tripp sê vir Claire om ’n kersligwaak vir Theo te hou, en Hope vertel vir Jennifer van Rafe. Kate spoor Lucas aan om vir rehabilitasie te gaan, en Ciara soek wraak.

4 – 8 JANUARIE

Hope betrap byna vir Sami en Rafe saam in die bed, Paul is bekommerd hy gaan Sonny verloor, en Eve voer ’n bose plan in die mou. Will herenig met Belle, Hope maak haar hart oop teenoor Rafe, en Will en Paul flankeer. Sami vaar uit teenoor Belle, Steve konfronteer Kate, en Ciara besoek Theo in die hospitaal. Eric troos Sami, en Will soen Paul wanneer Sonny by Paul opdaag.

11 – 12 JANUARIE

Abe vra Eli uit oor die ondersoek na die skietery op sy seun, Rafe kry ’n waarskuwing, en Sami groet Marlena, John en Will.

SPELERS: Marci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Penghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Harper & Sydnee Udell •Austin Peck •Tamara Braun •Kirsten Storms •Robert Scott Wilson •Judi Evans •Eric Martsolf •Peggy McCay •Christie ClarkBilly Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Lauren Leatherer •Jordi Vilasuso •Gregg Marx •Vincent Irizarry •Charles Shaughnessy •A. Martinez •Lamon Archey •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Paige Searcy •Melissa Reeves •Casey Moss •James Lastovic •Drake Hogestyn •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Sal Stowers •Aaron D. Spears •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Deidre Hall •Arianne Zucker Nichols •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Josh Taylor •Alison Sweeney •Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph Mascolo •Shelley Hennig •Stephen •Eileen Davidson •Kyler Pettis •Elowen & Willow S. •Lucas Adams •Vanessa A.Williams •John Aniston •Chandler Massey •Scott Shilstone

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 20:00
@GENERATIONSTHELEGACY1 @GEN_LEGACY @GENERATIONS_THE_LEGACY1 h Weekdae SABC1 (*191) 08:00 o Saterdae SABC1 11:00 Nontle het haar ma se raad aanvaar en was platgeslaan deur wat haar ma voorgestel het, Lucy het geweier om bevele van “die bedie
TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 20:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE H Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (*195) 04:05 O Saterdae eExtra 10:45 Zeynep was ontsteld omdat Müjgan haar vir Mehdi se situasie blameer het, Ekrem was die geskikte bloedskenker vir Mehdi, maar het
TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild

Related