Landbouweekblad

BRIEWE

BESPROEIING: SA KAN NIE NÓG BOERE BEKOSTIG

Vanweë verskeie topografiese faktore word Suid-Afrika as die 30ste droogste land op aarde beskou. Die land se lae gemiddelde reënval is ’n gegewe, maar die probleem gaan veel verder deurdat die bestaande waterbonne nie voldoende gaan wees om in die land se langtermynbehoeftes te voorsien nie.

Besproeiingsontwikkeling, wat baie waterintensief is, sal ontmoedig moet word om voorrang aan ander sektore te gee. Omdat die bevolking normaalweg elke 30 jaar verdubbel, is voldoende skoon drinkwater vanaf staatskant en voedsel vanaf die kommersiële landbou noodsaaklik.

Die staat sit met ’n reuseprobleem, want die tyd het uitgeloop om inderhaas damme en infrastruktuur te bou. Dit duur gewoonlik 15 jaar om ’n dam te beplan en te bou.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o