Huisgenoot

’N BOLANDSE BRUILOF MET ’N ‘BEAT’

ONS ken haar as die vietse oefeninstruktrise in ’n noupassende broek, toppie en praktiese tekkies. Onthou jy die oefenprogram Body Beat, onthou jy háár.

Ook in latere oefenprogramme op die kassie het die fiksheidsghoeroe Linda Kriel Suid- Afrikaners uitasem gelaat nadat sy hulle laat rek, strek, spring of klim het. Maar vandag laat sy die asem op ’n heel ander manier wegslaan.

Met haar gebeitelde figuur in ’n winterwit trourok met vier lae Italiaanse georgette gegiet, maak sy haar verskyning nou op die werf van ’n Bolandse olyfplaas, waar die bruilofsgaste tussen rye suurlemoenbome op die bruid se aankoms wag.

Saam met haar seuns, Zander (24) en Armin (22) Prinsloo uit haar eerste huwelik, stap die 52-jarige Linda haar bruidegom op die maat van Rachel Platten se liedjie “Better Place” tegemoet.

Op 56 staan dr. Adriaan Myburgh, ’n narkotiseur van Kaapstad, op Saterdag 12 Desember vir die eerste keer voor die altaar, maar van trousenuwees is daar geen teken nie. Hy is duidelik ontroer terwyl hy sy pragtige bruid inwag.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Koos aan sy vrou: “Hoe dink jy wat sou van ’n brief word as ek dit aan ‘Die domste man in Suid-Afrika’ adresseer?” Sy vrou: “O, dit sal net eenvoudig na die sender teruggestuur word!” SAN MARCHAND San: “Mammie, die kind sukkel om te praat en hy is al
Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related