Huisgenoot

Nuwe walvisspesie word ontdek

WETENSKAPLIKES wat aan die weskus van Mexiko werk, sê hulle het ’n tot dusver onbekende walvisspesie ontdek. Dit is ’n soort snoetwalvis wat nog nooit voorheen amptelik beskryf is nie.

“Dit gee my hoendervel as ek dink dat ons dalk reggekry het wat baie mense sou sê werklik onmoontlik is – om ’n groot soogdier te kry wat op hierdie aarde bestaan en totaal onbekend vir die wetenskap is,” het Jay Barlow, een van die navorsers, gesê.

Die span het vroeër ’n onbekende akoestiese sein – die geluid wat walvisse maak – opgeneem en wou uitvind watter dier die geluid maak.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related