TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

Ferhat het probeer om Asli te beskerm teen nóg ’n sluipmoordpoging, maar Cüneyt was seker hy kon Asli doodmaak, en Ferhat se gedrag het sy familie laat glo hy was skuldig.

13 – 15 JANUARIE

Deur saam te werk vind Asli en Ferhat ’n jong meisie se identiteit uit, maar hulle moet gou speel voor iets slegs met haar gebeur. Yigit besef hy moet homself vir moord aan die polisie oorgee, want daar is gevaarlike mense op sy spoor, en Ferhat probeer lieg vir ’n bondgenoot. Ferhat ontmoet ’n geheimsinnige figuur wat in die skadu’s geskuil het, en ’n gesin is seergemaak en verward ná ’n egskeidingskok.

18 – 22 JANUARIE

Nuus van Yigit se arrestasie en aanhouding deur die polisie verstom sy familie, Namik en Idil is gereed om ’n aankondiging te maak, en dit lyk asof Cüneyt se oë groter as sy maag was. Ferhat sê vir Asli hy het haar lief, en daar is ’n skietery waarin Namik gewond op die vloer lê enkele oomblikke voor sy troue. Die polisie laat Yigit vry, maar verduidelik nie waarom nie, en Asli weet dalk wie haar bruidegom, Namik, geskiet het, maar sy is nie gereed om enigeen te vertel wie dit is nie. Handan ontdek ontstellende inligting oor Gülsüm se gedrag en onlangse ontmoetings met iemand, en daar is meer spanning in die huis wanneer iemand die identiteit van Gülsüm se seun onthul. Nóg ’n bakleiery breek uit wanneer Gülsüm met ’n dekade oue leuen gekonfronteer word.

25 – 26 JANUARIE

Ferhat is gereed om van Asli te skei, tot Asli se skok en ontsteltenis, en Cüneyt wil op een of ander manier die waarheid aan Namik bewys.

SPELERS (en stemakteurs): Asli Cinar Aslan Birce Akalay (Liandé Valentyn) •Cem Cinar Ugur Aslan (Roberto Kyle) •Cüneyt Kocak Cahit Gök (Allister Sebastian) •Ebru Özgül Sagdiç •Ferhat Aslan Ibrahim Çelikkol (Riaan Ellis) •Gülsüm Aslan Sinem Ünsal (Maria Valente) •Handan Adakli Kadriye Kenter (Marion Holm) •Idil Yaman Ece Dizdar (Roeline Daneel) •Namik Emirhan Muhammet Uzuner (Geon Nel) •Sahin Turgay Kantürk •Sinan Kivanç Kasabali •Yeter Aslan Arzu Gamze Kilinc (Taryn Hess) •Yigit Aslan Deniz Celiloglu (Keeno-Lee Hector)

VERLEDE KEER

Hope het slegte nuus vir Rafe gehad, Kate het Lucas aangespoor om rehabilitasie te ondergaan, en Ciara het wraak gesoek. Sami het by Rafe geslaap, Eve het ’n bose plan in die mou gevoer, en Will het met Belle herenig.

13 – 15 JANUARIE

Brady gebruik Paul se inligting om Eve in ’n leuen te betrap, Sami en Rafe se seksgeheim is ontbloot, en Hope en Ciara baklei. Sonny reik uit na Will wanneer Will verder agteruitgaan, Steve se gedrag ontstel die mense, en Chad en Kate huur ’n spesialis om Theo te help. Ciara vermoed Tripp voel iets vir Claire, en daar word oor JJ se lot besluit.

18 – 22 JANUARIE

Kate en Eve stry oor Gabi se maatskappy, JJ gee sy besittings weg, en Claire en Ciara baklei. Chad bring ’n romantiese aand saam met Abby deur, Eli ondersteun Lani, Julie probeer na Abe uitreik, Jennifer besluit om op te staan vir JJ, en dis Kersfees in Salem.

25 – 26 JANUARIE

Lani probeer antwoorde vind vir die aand wat Theo geskietMarci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Penghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Harper & Sydnee Udell •Austin Peck •Tamara Braun •Kirsten Storms •Robert Scott Wilson •Judi Evans •Eric Martsolf •Peggy McCay •Christie Clark •Billy Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Lauren Leatherer •Jordi Vilasuso •Gregg Marx •Vincent Irizarry •Charles Shaughnessy •A. Martinez •Lamon Archey •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Paige Searcy •Melissa Reeves •Casey Moss •James Lastovic •Drake Hogestyn •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Sal Stowers •Aaron D. Spears •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Deidre Hall •Arianne Zucker Nichols •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Josh Taylor •Alison Sweeney •Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph Mascolo •Shelley Hennig •Stephen •Eileen Davidson •Kyler Pettis •Elowen & Willow S. •Lucas Adams •Vanessa A.Williams •John Aniston •Chandler Massey •Scott Shilstone

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 20:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE H Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (*195) 04:05 O Saterdae eExtra 10:45 Zeynep was ontsteld omdat Müjgan haar vir Mehdi se situasie blameer het, Ekrem was die geskikte bloedskenker vir Mehdi, maar het
TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild

Related