Landbouweekblad

BOORMAN

In die Noord-Kaap, waar ek kind was, was daar altyd maar weer ’n droogte. Ek onthou baie dinge van sulke droogtetye: Pa wat deur die groentetuin stap met die stoffies wat onder sy voete opslaan en later vir Ma sê: “Engel, die pampoene vrek ook nou.” Of oom Gert wat kom vertel van die agttien Dorperooie van hom wat in die veld bly lê het, agttien bondels vel en been; en hoe hy hulle met sy Joseph Rodgers-knipmes van die dors moes verlos. Ek onthou bankrotveilings en biddae vir reën waartydens ekstra stoele by die kerk ingedra moes word. Stofstorms en warrelwinde en swerms sprinkane. Maar veral vir oom Doepie, die boorman, onthou ek.

Oom Doepie het sy boormasjien – ’n nerfaf, rooi affêre op vier, swaar wiele – oral met ’n Thames Trader-lorrie getrek, met sy bont brak Jasper op die sitplek langs hom. En agterop die Thames

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related