Vinnig gereed, maar stadige begin
![f0012-02](https://article-imgs.scribdassets.com/1yq7537u0w8dxvyn/images/fileYU65I094.jpg)
![f0012-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1yq7537u0w8dxvyn/images/fileNSRSIGVW.jpg)
die veel besproke ooreenkoms vir ’n Afrikavryhandelgebied (AfCFTA) het op 1 Januarie vanjaar met heelwat trompetgeskal in werking getree. Afrikalande het teoreties op daardie dag onderdie gunstiger voorwaardes van die verdrag begin handel dryf, die begin van ’n nuwe handelsbedeling wat uiteindelik’n reuse-interne mark sal skep van 54 lande, 1,3 miljard mense en ’n gesamentlike bruto binnelandse produk (BBP) van $3,4 duisend miljard.
Van die 55 lidlande van die Afrika-unie (AU) het slegs die afgesonderde nasie Eritrea in die Horing van Afrika nie die AfCFTA onderteken nie, en 34 lande het dit sover bekragtig, ’n noodsaaklike stap vir inwerkingstelling.
Daar word nou van lande verwag om tariewe op 90% van goedere oor vyf jaar uit te skakel (10 jaar vir die mins ontwikkelde lande, oftewel MOL’e)
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days