Finweek - Afrikaans

BENUT 2021 SE TEMAS IN BUITELANDSE BELEGGING

2020 was ’n wilde jaar. Die pandemie, die inperkings, die vinnige ineenstorting en herstel, die Amerikaanse verkiesingsgemors, ons eie plaaslike politieke gemors … Daar het so baie gebeur en so baie daarvan het die wêreld heeltemal onkant gevang. 2021 behoort veel beter te wees, of hoe? Wel, ses dae in die nuwe jaar het die gewese president DonaldTrump se ondersteuners die Amerikaanse kongresgebou stormgeloop en dit lyk of die leier hulle slegs gevra het om “huis toe te gaan” omdat sy adviseurs druk op hom geplaas het om ’n verklaring uit te reik. As dit ’n aanduiding is van hoe vanjaar gaan wees, gaan dit waarskynlik wild wees. Wees daarom voorbereid, ouens. Die 2020’s is hier en die wêreld gaan selfs meer verander as wat dit reeds het.

Ons probeer elke jaar bepaal wat die belangrike marktemas of -tendense gaan wees in die jaar wat voorlê. Verlede jaar het onsTesla spesiaal genoem omdat ons primêre belangrike tema die voortgesette styging van tegnologie-aandele was. Al wasTesla verlede jaarons primêre aanbeveling, het ons nooit gedink dat dit so goed sou vaar as wat dit het nie. Tegnologie het ook ’n fantastiese jaar beleef, want die wêreldwye inperkings het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes

Related