Weg!

Die Overberg se oogappel

Vir die meeste mense lyk Villiersdorp na net nóg ’n stillerige dorpie in die Overberg. Maar, besef ek terwyl ek oor die Theewaterskloofdam se wal soontoe ry, die inwoners verkies dit só. Want die oomblik wanneer ’n geluksalige plek ontdek word, gaan dit verlore... Ja-nee, Villiersdorp wil onder die radar bly.

Indien jy op ’n kaart ’n kring om Franschhoek, Grabouw, Caledon, Worcester en McGregor trek, lê Villiersdorp omtrent in die middel daarvan. Die bou van die Theewaterskloofdam in 1979 het aan die dorp ’n eiesoortige, koeler mikroklimaat gegee soortgelyk aan die Elginvallei (wat nader aan die see lê). Vrugteboerdery gedy dus hier – die pakstore begroet jou aan die rand van dorp: Betko, Arbeidsvreugd, Ideafruit...

Oestyd is in die somer en dan is die dorp in rep en roer: Manne in blou oorpakke pluk appels en pere, trekkers met sleepwaens kruie in die hoofstraat af en stowwerige plaasbakkies ry haastig van een boord na ’n volgende.

In die winter lyk die prentjie gans anders – ’n stilte daal neer, knus kaggelvure brand dag en nag en omheen lê die berge en sluimer (soms selfs onder ’n lagie sneeu).

My ma woon op Villiersdorp. Wanneer ek kom kuier, is dit gewoonlik net vir haar – maar vandag verken ek die res van die dorp. Ek hou stil by Country Classics, die teetuin in Cheryl Castelein se agterplaas. Sy bring Americanokoffie, ’n sny swartwoudkoek en ’n geselsie na my tafeltjie toe.

“Ek is ’n vlugteling uit Gauteng,” vertel Cheryl. “Ek het Johannesburg se korporatiewe wêreld in 1997 vaarwel geroep en meer as ’n dekade in die Kaap gewoon. Maar ek het verlang na ’n plattelandse lewe en ’n eiendomsagent stel toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related