Finweek - Afrikaans

Hoe verskaffers op die pandemie gereageer het

Ons het duidelik beter antwoorde deur versekeraars nodig oor hoe hulle hul polishouers in sulke krisisse kan help – selfs nou, byna ’n jaar later.

finansiële beplanners is gewoond aan situasies waar ons kliënte moet help om hul koers weens onvoorsiene lewensgebeurtenisse aan te pas. As probleme voorkom, is dit gewoonlik in die vorm van weerstand deur produkverskaffers. Dis wanneer die “bepalings en voorwaardes” uitgehaal word. Met Covid-19 was dit egter vir adviseurs sowel as produkverskaffers anders. Die blote omvang van versoeke om die een of ander soort planaanpassing was anders as enigiets wat ons nog vantevore gesien of ervaar het. Dis egter makliker gemaak deurdat die meeste verskaffers gevestigde sakepraktyke laat vaar en ’n bietjie verligting aan kliënte probeer bied het.

Ons almal het lesse daaruit geleer.

Rol van die adviseur

Dit het vir ons as ons kliënte se adviseurs gou duidelik geword dat ons met ’n ongewone en diepgaande situasie te doen gehad het. Ons kon nie net ons toevlug neem tot die gewone antwoord aan kliënte dat “hulle hul dekking of voordele sou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes

Related