Landbouweekblad

Boere span saam om aasvoëls te bewaar

Vir talle Oos-Kaapse boere wat met die bewaring van kransaasvoëls (Gyps coprotheres) gemoeid is, was dit ’n blye dag toe ses jong kransaasvoëls wat in aanhouding gebore is, na dié provinsie gebring is vir vrylating in die natuur.

Dié ses aasvoëls is afkomstig van Vulpro, die aasvoëlrehabilitasiesentrum naby die Magaliesberg in Noordwes. Hulle is in November 2020 met die koerierdiens DHL na me. Kate Webster, boervrou van die plaas Rookwood, 35 km buite Komani (voorheen Queenstown), gestuur.

Vir Webster was dit ’n emosionele oomblik om die sestal in ontvangs te neem, want tussen dié klompie is ’n nasaat van Mr G en Mrs V, van die eerste aasvoëls wat Webster in 2004 gered en gerehabiliteer het nadat hulle teen oorhoofse kragdrade vasgevlieg het. Albei se beserings was van só ’n aard dat hulle nooit weer sou kon vlieg nie. Gevolglik is hulle na Vulpro gestuur, waar hulle ’n broeipaar geword het.

’n Broeipaar lê een eier per jaar.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related Books & Audiobooks