Huisgenoot

NETFLIX & SHOWMA X SE HIT TEGOLF

KOM ons wees eerlik: Dis nie net boeiende kykstof, goeie toneelspel of die gevaarlike coronavirus daarbuite wat ons voor die TV vasgenael hou nie.

Nee, dis ook – en veral – daardie hoogs aantreklike akteurs in Showmax en Netflix se trefferreekse waarvan ons nie genoeg kan kry nie. Met hul dromerige oë, sterk kakebene en lenige lywe laat hulle die kwik gevaarlik hoog styg.

Hierdie is tans ’n paar van die sexyste manne in stroomland…

REGÉ-JEAN PAGE (31)

REEKS: BRIDGERTON

Regé-Jean wat verskyn as Simon Basset, die enigmatiese hertog van Hastings, in Netflix se jongste trefferreeks Bridgerton, is nou loshande een van die begeerlikste mans op die kassie. Hy het voorheen sy lyf prokureur gehou in die regsdramareeks For the People, maar dis met sy Bridgerton-rol dat hy kykers laat swymel. Daarin speel hy ’n losloper-hertog wat nie wil trou nie – tot die jong Daphne Bridgerton (gespeel deur Phoebe Dynevor) sy oog tref.

Hy is in Zimbabwe gebore as die tweede jongste van vier kinders. Sy ma was ’n Zimbabwiese verpleegster en sy pa ’n Britse predikant. Hy was 14 toe die gesin na Londen verhuis het.

Daar word gegis dat  

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa

Related