Huisgenoot

KNORRIGSTE STER IN HOLLYWOOD

HY HET altyd geweier om met die regte naam na sy bekendste rolprent te verwys. Vir Christopher Plummer was dit The Sound of Mucus of S&M – ’n onderlangse verwysing na sadomasochisme.

In sy outobiografie van 600 bladsye het hy net ’n kort hoofstuk aan die immergroen gunsteling afgestaan – dit het in 1966 vyf Oscars gewen, maar nie een vir hom nie. Die hoofstuk begin met ’n aanhaling: “Om The Sound of Music te kyk is soos om met ’n Hallmark-kaartjie doodgeslaan te word.”

Die akteur, wat onlangs in die ouderdom van 91 oorlede is, het Captain Von Trapp gespeel, die wewenaar-pa van sewe kinders wat ’n voormalige non as hul goewernante aanstel en dan op haar verlief raak.

Julie Andrews was in die hoofrol as Maria, en al het hy gehaat om dit te erken, het Christopher geïntimideer gevoel.

Ja, hy was ’n uiters begaafde en ongelooflik eiesinnige akteur, volkome oortuig van sy eie briljantheid. Maar Julie was die geliefde heldin van Mary Poppins, die vrou met die stem van ’n engel wat op Broadway en die West End in My Fair Lady geskitter het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related