Avontuur Afrika

Mooie Malawi: Afrika se paradys

Na die voltooiing van Route 5, was dit tyd om by die gewilde Wildlife Camp, op die oewer van die Luangwa Rivier in Oos-Zambië te gaan ontspan. Hierdie is een van daardie kampe wat jou laat voel dat ongeag hoeveel dae jy hier spandeer, dit net nooit genoeg is nie.

Geleë hoog bokant die rivier met 'n uitsig oor die kronkelstroom van water en die Mopanie-woud aan die ander kant, bied dit ‘n ongelooflike uitsig oor die area. Die Luangwa Rivier is een van die belangrikste sytakke van die Zambezi rivier en een van die groot vyf riviere van Zambië.

Die bonus om by Wildlife Camp te oornag, is dat dit nie nodig is om in die park in te gaan om die wild (in oorvloed) te besigtig nie, dit kom na jou toe. Leeus, olifante, seekoeie en selfs luiperde is gereelde besoekers aan die kamp. Daar is ook 'n wye verskeidenheid bokke, kameelperde en selfs af en toe buffels wat jy uit die gerief van jou kampterrein kan besigtig.

Hierdie kamp doen regtig sy naam gestand en stel nooit teleur om jou met ongelooflike wildsbesigtiginge te bederf nie. Ons het die voorreg gehad om wildehonde en ‘n krokodil wat ‘n impala wou vang, te sien.

Chipata en Mwani Grenspos

Na ons verblyf by hierdie lekker kamp, was dit tyd om te vertrek en om nuwe plekke te verken. Die volgende stop was die bekende Malawimeer, maar voordat jy die meer bereik, moet jy die Mwanigrenspos by Chipata oorsteek en dit is amper ‘n wilder ervaring as om by te kampeer. Die grensformaliteite kan effens oorweldigend wees as jy nie die prosedures ken nie en wissel van twee tot ses ure, afhangende van die ry mense voor jou asook die tyd van die dag. Ons het nou al geleer dat dit beter is om so vroeg as moontlik op te daag.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s

Related