Landbouweekblad

Projek kry jonges by boerdery betrokke

Baie landboustudente wonder ná hul studie hoe hulle ondervinding gaan opdoen om makliker ’n werk in die bedryf te kry of suksesvol te boer.

Leerlingskappe vir gegradueerdes is algemeen in die regs- en rekenmeestersberoep, maar nie so volop vir landboustudente nie. Daarbenewens moet planne beraam word om jong mense na die landbou te lok.

Die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se internskapprojek bied geleenthede aan landboustudente wat grade en diplomas behaal het, om praktiese ondervinding in boerderye op te doen.

Mnr. Lamazo Cloete en mee. Grace Diergaardt en Megan Wirtz, drie studente wat onlangs hul twee jaar lange internskap op ’n plaas by Nieuwoudtville voltooi het, meen ander studente moet dié geleentheid om te leer, aangryp.

Cloete moedig jong mense aan om aan die projek deel te neem, veral as hulle ná hul studie nie vaste planne het nie.

“Dit is ’n goeie manier om blootstelling te kry én dit gee jou ’n groter prentjie van wat in die landbou aangaan. Dit is eintlik ’n proeflopie en help jou om ’n rigting in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related