TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

Defne het Ömer oorreed om ’n nuwe versameling tot sy skoenloodsing te voeg, Yasemin en Koray het saamgewerk en die grense tussen plig en plesier het verdof, en ’n geheim het Defne ontstel.

24 – 26 MAART

Die band tussen Defne en Ömer verstewig wanneer hulle saam aan nuwe ontwerpe werk, Deniz beplan om Passionis se reputasie te verwoes deur hul skoene te steel, en die sakevennote Ömer en Sinan stem nie saam oor die pad vorentoe vir hul besigheid nie. ’n Vrou wat beweer sy is Ömer se eksvrou konfronteer Defne, ’n verrassing verwar Koray en maak hom kwaad, en Yasemin probeer met Ömer vrede maak ná haar verraad.

29 MAART – 2 APRIL

Serdar en Nihan se verlowing kry teëspoed, Ömer sukkel by die werk, en Defne en Ömer is nie op dieselfde golflengte nie. Ömer en Sinan verklaar oorlog teen mekaar, Yasemin en Ömer is onbewus van die bedreiging teen hulle, en Ömer is stomgeslaan wanneer sy grootste beleggers in Passionis hul ondersteuning begin onttrek. Defne vergader met die beleggers en kry dit reg om hulle te oorreed om Ömer en sy besigheid weer te ondersteun, en Ömer vra Defne om te trou, maar sy is nie seker of dit werklik liefde is of net omdat sy die familiebesigheid gered het nie. Neriman en Koray beplan om ’n saketransaksie te stuit, Yasemin se werk by Passionis is in die weegskaal, en dit lyk asof Ömer se geluk by die werk en in sy romanse met Defne verander.

5 – 6 APRIL

Defne het finansiële hulp nodig om te studeer, en Ömer neem Defne op ’n droomafspraak wat met groot glimlagte eindig.

SPELERS (en stemakteurs): Defne Topal Elçin Sangu (Sue Pyler) •Deniz Tramba Devrim Yalçin •Esra Topal Melisa Giz Cengiz (Rubi Strachan) •Hulusi Ferdi Merter (Francois Stemmet) •Ismail Kerem Firtina (Roderick Jafta) •Koray Sargın Onur Büyüktopçu (Kaz McFadden) •Mine Hande Agaoglu (Stephanie Baartman) •Necmi lplikçi Levent Ülgen (Anton Dekker) •Neriman Iplikçi Nergis Kumbasar (Rina Nienaber) •Nihan Topal Sanem Yeles (Vasti Welthagen) •Ömer Iplikçi Barıs Arduç (Pietie Beyers) •Sadri Usta Ayberk Atilla (Lochner de Kock) •Serdar Topal Osman Akça (Johny Klein) •Sinan Karakaya Salih Bademci (Donovan Pieterse) •Sukru Ismail Karagoz (Simon Bruinders) •Türkan Topal Hikmet Körmükçü (Riana Wilkens) Vedat Ender Sakallı (Hannes Muller) •Yasemin Kayalar Sinem Öztürk (Henriëtta Gryffenberg)

VERLEDE KEER

Gülsüm het die opname van Cüneyt se bekentenis in haar besit gehad, en Asli het onthul sy en Ferhat verwag ’n seun. Ferhat het gehoor Asli is aangeval, en Yigit het Ferhat die waarheid oor sy ouma vertel.

24 – 26 MAART

Ferhat luister nie na rede nie en wil Namik laat boet, Yigit soebat Asli om seker te maak Ferhat doen nie iets doms nie, en Gülsüm is woedend oor Ferhat se besluit by hul huis. Yeter hou aan lieg vir almal, Asli is opnuut onder druk om Ferhat te verraai, en ’n onmoontlike guns word van Cüneyt gevra.

29 MAART – 2 APRIL

Ferhat is sprakeloos wanneer hy die waarheid oor sy pa se identiteit hoor, Idil se verdwyning is vir ’n paar mense ’n probleem, en Namik ontmoet Cüneyt oor hul gemeenskaplike probleem. Gülsüm moet met iemand praat oor haar ma se gesondheid, Ferhat en Asli help hul vriende in hul tyd van nood, en Yeter is ’n verdagte in die bankroof. Namik is veilig met die geld, maar die polisie vang Cüneyt, en Asli gaan voortydig in kraam. Yeter wil uittrek en by Yigit gaan bly, en Namik hoor Yeter is terminaal siek. Namik smeek Yeter om weg te loop, en Ferhat en Asli se ete verander in ’n afspraak en hulle verf hul baba se kamer.

5 APRIL

Asli en Ferhat trou in die allerlaaste episode, maar Namik daag ongenooid by die onthaal op en bederf die partytjiegees. Yeter is gereed om aan die polisie inligting te gee om Namik te arresteer, en Asli en Ferhat stel hul seun aan die familie voor. • Stiletto Vendetta vervang Begeertes vanaf Dinsdag 6 April.

SPELERS (en stemakteurs): Birce Akalay (Liandé Valentyn) •Selin Sekerci •Ugur Aslan (Roberto Kyle) •Cahit Gök (Allister Sebastian) •Özgül Sagdiç •Ibrahim Çelikkol (Riaan Ellis) •Sinem Ünsal (Maria Valente) •Kadriye Kenter (MarionEce Dizdar (Roeline Daneel) •Muhammet Uzuner (Geon Nel) •Turgay Kantürk •Kivanç Kasabali •Arzu Gamze Kilinc (Taryn Hess) •Deniz Celiloglu (Keeno-Lee Hector)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 20:00
@GENERATIONSTHELEGACY1 @GEN_LEGACY @GENERATIONS_THE_LEGACY1 h Weekdae SABC1 (*191) 08:00 o Saterdae SABC1 11:00 Nontle het haar ma se raad aanvaar en was platgeslaan deur wat haar ma voorgestel het, Lucy het geweier om bevele van “die bedie
TV Plus Afrikaans2 min read
e.tv Weekdae 21:00
@ETVIMBEWUTHESEED @ETVIMBEWU @IMBEWUTHESEED R Weekdae eExtra (Openview 105) 10:00 R Weekdae e.tv (*194/Openview 104) 12:00 O Saterdae e.tv 10:20 Shria het Sunil tot elke prys probeer vermy, Fikile was desperaat om oor Nkululeko en die herin