Landbouweekblad

BRIEWE

OUD EN JONK SE LEESGENOT

WENBRIEF

Ek stuur graag vir julle die foto van my pa, Daan Kunneke, en ons seuntjie, Frederick van der

Merwe, wat saam Landbouweekblad lees. My pa het ’n ruk gelede afgetree en geniet sy beesboerdery nou ten volle. Hul plaas se naam is Daggakraal, in die Waterberge in Limpopo. Dit is in Marken/ Melkrivier se wêreld.

Oupa Daan plant ook voer en werk hard aan sy veldherstelprogram om te ontbos en gras te kweek vir sy beeste. (Net die koedoes mag in die voer wei, ander soos bobbejane en varke word verjaag.)

Oupa boer al daar vir sy hele lewe. Sy pa het die plaas opgebou en hy is daar gebore.

Frederick is nou 13 maande oud. Oupa Daan en ouma Hilda het sy hele eerste jaar gemis omdat ek en my man, ook Frederick, in Botswana met groente boer, in die Tuliblok opelke oggend.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o