Landbouweekblad

PRYSE BY VRYBURG STYG MET 21%

Meegaande statistieke toon ’n ontleding van transaksies vir grond groter as 10 ha in Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap vanaf Maart 2020 tot Februarie 2021.

In Noordwes is ’n verbetering in grondpryse opmerklik in sewe distrikte (58%). Pryse by Vryburg (21,8%) en Bloemhof (11,4%) het stewig gestyg, maar by Reivilo het dit met amper 7% gedaal. In dié provinsie was daar 475 transaksies (12% minder teenoor die vorige 12 maande) in 12 distrikte. Altesame 149 559 ha is teen R2,004 miljard verhandel.

In Mpumalanga was daar 313 transaksies in ses distrikte. Dit is 17,4% minder as die vorige jaar. In die proses is 81 137 ha verhandel teen R2,215 miljard.

In 66% van die distrikte is gunstige prysneigings opgemerk, terwyl pryse by Acornhoek en Amsterdam gedaal het.

In die Noord-Kaap toon die helfte van die distrikte ’n herstel in grondpryse, maar dié provinsie gaan steeds gebuk onder uiters moeilike toestande ten opsigte van die klimaat en die ekonomie. In altesame 33% van die distrikte word dalende prysneigings waargeneem. By Colesberg, Prieska en Philipstown het pryse goed gestyg, maar by Hopetown het dit gedaal. In die betrokke tydperk is 183 transaksies (18,3% minder teenoor die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar) in 18 distrikte gesluit. Altesame 315 623 ha is teen R1,563 miljard verhandel.

Die onderstaande oordragte van plaaseiendomme is deur aktekantore geregistreer (plaasnommer tussen hakies).

GAUTENG

PRETORIA

KAMEELFONTEIN (297), 22 ha aan M. Maerien, van Vleispag BK, R2 200 000. WITFONTEIN (521), 173

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo