Landbouweekblad

PLAASVERKOPE

MARKNEIGINGS

PRYSE STABILISEER

In die Oos-Kaap is dalende grondprysneigings in 13 distrikte (37%) waargeneem teenoor 52% die vorige jaar. Dit is opmerklik dat pryse in sommige dele van die provinsie stabiliseer.

Pryse by Kariega en Barkly-Oos het met meer as 10% gestyg. Distrikte wat nog deur ongunstige grondprysdruk geraak word, sluit in Alexandria, Graaff-Reinet, Joubertina, Komga, Queenstown, Somerset-Oos en Stutterheim.

In die tabel is ’n opsomming van grondtransaksies groter as 10 ha in die Oos-Kaap vir die 12 maande tot Februarie vanjaar.

In dié tyd is 271 ooreenkomste (vergeleke met 286 die vorige jaar) in 35 distrikte gesluit. Dit is 5,2% minder as in die vergelykende tydperk ’n jaar gelede. Altesame 144 977 ha is teen R1 741 miljard verhandel.

Transaksieregistrasies volgens plaasgrootte (met verlede jaar se syfer tussen hakies) lyk soos volg: kleiner as 50 ha, 25% (24%); 50-150 ha, 13% (12%); 150-300 ha, 13% (15%), 300-450 ha, 10% (12%); 450-600 ha 6% (6%); groter as 600 ha, 32% (31%).

Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou.com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik op plaasverkope. Dit behels:

Statistieke.

Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.

Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.

GAUTENG

PRETORIA

KAMEELFONTEIN (297), 22 ha, aan M. Maerien, van Vleispag BK, R2 200 000. WITFONTEIN (521), 173 ha, aan Transverta BK, van WS du Plessis-trust, R6 000 000.

KWAZULU-NATAL

LADYSMITH

BUFFELS KRAAL (2182), 453

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o