Finweek - Afrikaans

SA SE TOPTEGNOSPELERS

jy moet omtrent in ’n grot bly om nie van vandag se tegnologiereuse (tegnoreuse) en hul triomftog op die aandelemarkte te weet nie. Apple, Amazon en kie het die Nasdaq, wat swaar belaai is met tegno-aandele, tot nuwe rekords gedryf. Terwyl ondernemings wêreldwyd nog sukkel om die juk van Covid-19 af te skud, lyk dit asof dié groot tegnomaatskappye immuun teen die pandemie se impak is.

“Ons het nou wel nie maatskappye op FAANG-skaal (Facebook, Apple, Amazon, Netflix en Google) nie, maar ons het innoverende tegno-entrepreneurs in die regte sektor om die aandag van private ekwiteitsmaatskappye, wat na verkrygings op soek is, te lok,” sê Andrew Bahlmann, uitvoerende hoof van Deal Leaders Africa, ’n boetiek-raadgewende firma.

“Ons sien ’n aptyt vir beleggings en lenings in en aan tegnologiemaatskappye. Die ondernemings wat verkrygers se aandag trek, is dié wie se oorhoofse koste in rand betaal word, maar wat dollars genereer. Hulle voorsien daardie dienste wat maklik oor grense heen kan werk,” sê Bahlmann.

Hy meen dit wat wel teen SA ondernemings tel, is grootte. “Die meeste van die internasionale verkrygers is op die uitkyk na geleenthede van R1 miljard of meer. Dis ’n tameletjie vir SA ondernemings, wat die plaaslike mark dien. Ons sien op die oomblik meer belangstelling in hierdie sektor vanaf die waagkapitaalmark as van private ekwiteitsverkrygers.”

Daar is slegs ’n hand vol SA maatskappye wat in die sagteware- en rekenaarsektor op die JSE genoteer is: Adapt IT, Altron, AYO, Bytes, Capital Appreciation, Cartrack, Cognition, Datatec, EOH, Etion, ISA, Jasco, Mixtel, Naspers*, PBT Group, Prosus, Sebata, SilverBridge en TCS.

Hoewel dit slegs ’n hand vol is, trek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans2 min read
Gee Voorkeur Aan Plaaslike Beleggings
Aangesien plaaslike beleggers al etlike jare lank plaaslike aandelefondse verkoop ten gunste van buitelandse en inkomstefondse, is dit belangrik om plaaslike aandele te oorweeg, veral onlangs. “Die afgelope jaar was baie lonend vir gedifferensieerde
Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes

Related