Landbouweekblad

VEILINGS

LICHTENBURG / SIMMENTALER / R340 000

’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R340 000 is op die Lichtenburg-skouveiling vir ’n Simmentaler-koei (3-in-1) betaal. Die koei, Von-Adel), was in 2019 die senior, groot- en superkampioen op Ottosdal en Vryburg. Sy was ook die beste koei (alle rasse) op Nampo 2019. Sy is dragtig en is met haar seun Ponchos aan mnre. Martiens de Jager sr. en jr. van Gulland Simmentalers, Rustenburg, en me. Louriska en mnr. Conrad Meyer van Deomika Simmentalers, Kuruman, verkoop. Die teler is mnr. Nico Venter van Von-Adel Simmentalers, Coligny. Van links is mnre. Willie van den Berg, Theuns Visser, afslaer, Venter, Martiens de Jager jr. en sr. en Johannes Modise, hanteerder. Die hoogste prys vir ’n Simmentaler-bul was R120 000 en bulle het gemiddeld R70 000 behaal.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o