Landbouweekblad

Natter vooruitsigte is goeie nuus vir boere

Die gemiddelde reënval van ’n spesifieke plek bestaan uit ondergemiddelde en bogemiddelde reënval, en dit is belangrik om voldoende historiese data hiervoor te gebruik. Die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) het in riglyne vir die berekening van jaarlikse gemiddelde reënval in 2017 bevestig dat die minimum tydperk 30 jaar moet wees.

Dit is ’n baie rigiede syfer wat meer geldig is in gebiede waar wisselvalligheid in reën min voorkom. In woestyngebiede is baie langer tydperke nodig om ’n aanduiding van gemiddelde reënval te kry.

Dit is nodig om soveel jare moontlik by die berekeninge in te sluit, maar nie minder as 30 jaar nie.

Droogte is nie noodwendig ’n gebrek aan reën nie, maar eerder die afwyking van die langtermyngemiddelde verwagting vir ’n spesifieke plek. Dit is normaal dat daar nie reën in die woestyn voorkom nie, maar abnormaal as daar nié reën val in gebiede wat gewoonlik reën kry

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o