Landbouweekblad

ZEDER SE NUWE BAAS ‘Kleiner maatskappy nie noodwendig slegter’

Baie geluk met jou nuwe posisie, wat ook nie meer só nuut is nie. Wat is jou doelwit vir Zeder, en hoe wil jy dit bereik?

Daar is eintlik net een doelwit – en dit is om waarde te skep vir aandeelhouers . . . álle Zeder-aandeelhouers. Daar is ’n paar maniere om dit reg te kry.

Eerstens moet ’n mens seker maak jou onderliggende portefeulje is gesond en kan groei. Ons is gelukkig om ’n goeie jaar agter die rug te hê waar ál ons beleggings winsgroei getoon het, en dit in ’n relatief moeilike jaar. Covid-19 het baie hindernisse gebring.

Die ander manier is om jou kontantvloei mettertyd te verbeter. Van ons beleggings, soos Capespan, het nou weer begin dividende betaal. Dit lyk dus gunstig.

Die derde opsie is om te kyk of daar ’n manier is om ’n bate mettertyd en op ’n verantwoordelike wyse te gelde te maak teen ’n goeie prys. Dan skep jy ook mos waarde. Ons het vanjaar gewys dit kán gedoen word, deur transaksies soos Pioneer Foods en Quantum Foods wat teen premiepryse verkoop is.

Dit is in hierdie stadium my visie om deur ’n kombinasie van dié drie waarde te skep vir aandeelhouers.

Wat was die rede vir die skielike verandering in leierskap?

Dit was Norman Celliers (voormalige uitvoerende hoof) se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related