Bestendige groei lei tot groot appeluitbreidings
![landbouza210520_article_040_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/1duu2g76v48o0i9w/images/fileL47BHT13.jpg)
Met sy ekonomiese agtergrond benader mnr. Doug Osler hul familieboerdery soos ’n besigheid en ontwikkel dit voortdurend.
“Dit is ’n voorreg om saam met familie te werk en dit só te laat groei,” sê dié 39-jarige boer van Lone Tree Farms in die Fouriesburgomgewing.
Die merkwaardige groei in Osler se appelvertakking – van 32 ha toe hy 17 jaar gelede begin boer het tot 109 ha onder net – asook sy deurdagte uitbreidingsplanne om die Vrystaat as groter speler in die vrugtemark te vestig, het aan hom die kroon besorg as die 25ste Vrystaatse Jongboer van die Jaar.
“Ja, groei word bewerkstellig deur tegnologie, beter besproeiing en hommeltuie vir beter bestuur, maar wat ook belangrik is om die mikpunt te bereik en ’n beginsel waarmee ons vier kinders grootgemaak is, is wedersydse respek tussen mense en dat jou personeel saam met jou groei.”
Osler, wat die afgelope 17 jaar deel is van ’n familieboerdery waarin hy ’n kwart van die aandele besit, glo dat struikelblokke
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days