Landbouweekblad

BRIEWE

EIENDOMSREG NOODSAAKLIK VIR ONTWIKKELING

DieMier-nedersetting wat aan die Kgalagadi-oorgrenspark grens, beslaan ’n groot stuk Kalahari van sowat 398 000 ha.

Aanvanklik was dit ’n onverbeterde, oop stuk staatsgrond. Wild was volop en het aan jagters – wettig of onwettig – grenslose plesier verskaf.

Kleinskaalse veeboere wat van oral gekom het, het hulle met verloop van tyd op die grond begin vestig. Swak verspreide waterpunte is deur die staat aangebring, terwyl okkupasieregte ook aan veeboere uitgereik is. Water was ’n deurlopende probleem. Soms moes twee of drie boere een waterpunt deel, wat tot die vertrapping van waardevolle weiding gelei het.

Die Mier-adviesraad wat later tot stand gebring is, het soos ’n beheerraad gefunksioneer en het later bestaande okkupasieregte na weiregte omgeskakel, wat groter sekerheid gebring het. In 1975 het die adviesraad wyslik besluit om weiregte finaal in groottes van 3 000 ha deur land-meters te laat uitmeet, sodat die grense van weistroke met groter sekerheid bepaal kon word. Die Land Bank het ook aan verdienstelike gevalle lenings toegestaan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Byeboere Kry Meer Per Korf, Maar Is Dit Genoeg?
BYEBOERE is dankbaar vir die klein finansiële hupstoot wat hulle kan kry nadat die riglyntarief vir bestuiwingsdienste in die Wes-Kaap verhoog is. Die nuwe riglyntarief wat sedert 25 April van krag is, is R1 266,70 per korf, R145,70 per korf meer. Di
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli

Related