Avontuur Afrika

In die skoot van Moeder Afrika

Wanneer ek my kliënte die eerste keer ontmoet, is die mees algemene vraag gewoonlik: "Doen jy dit voltyds?"… En as hulle my bevestiging hoor, is die aanname gewoonlik: “So jy is altyd op vakansie – wat 'n lewe!” Wel, ek veronderstel dat daar 'n mate van waarheid daaraan is – ek leef my passie uit. Die beplanning en uitvoering van ‘n avontuurlandreis, veral met kliënte vol verwagting agter jou in 'n konvooi, neem egter baie weke se beplanning. Altyd op vakansie? Miskien. Gedryf deur avontuur? Altyd! Voorbereid vir enige situasie? Ongetwyfeld!

Een van my gunsteling avonture, wat ek al baie keer onderneem het, is om die beroemde Hunters Road in Botswana tydens die nat seisoen aan te pak. Waarom gedurende die uitdagende reënseisoen wonder jy… Die eenvoudige antwoord is: "Want ons kan!" By Complete 4x4 glo ons dat 'n mens altyd moet waag om te reis waar min voorheen al gereis het. Daarom bied ons jaarliks verskeie meer ernstige en uitdagende 4x4-landreiservarings aan. Ons pak onder meer Baboons Pass in Lesotho, berug vir die uitdagings wat dit bied, aan.

Hunters Road bied elke jaar iets anders, en ons het ons 2021 modder avontuur vir Februarie beplan. Weens 'n paar logistieke uitdagings as gevolg van COVID-19, het ons egter besluit om dit uit te stel na middel Maart toe. Met die uitstekende reënval in Botswana oor die afgelope paar maande was daar groot kommer dat die roete baie nat, en dalk selfs té nat, sou wees. Maar ons is niks as ons nie dapper is nie, en ons was reg om so ver moontlik te reis, al die pad tot by Senyati net buite Kasane.

Kring van avonturiers

Ons toergroep het uit 'n wye verskeidenheid gaste bestaan, met ons eerste damesspan wat by die groep aangesluit het in hul gehuurde Toyota Hilux van in Johannesburg. My betroubare Nissan Patrol 4.8 GRX het die avontuur misgeloop weens 'n paar kwale, wat uiteindelik deur Dastek in Pretoria die nodige aandag gekry het. Met die toer wat al hoe nader gekom het, en onderdele wat nie by Nissan beskikbaar was nie, moes ek vinnig 'n ander voertuig vir die toer in die hande kry. Gelukkig het ek in die hande gekry en met ‘n Toyota Hilux 2.4-dubbelkajuit 4x4 opgeëindig. Dit het by die vyf ander Hilux 4x4's, almal 2.8 GD-6 en 2.4 GD-6-variante, in die toergroep aangesluit. Die res van die voertuie was onder meer 'n Ford Ranger 3.2 met 'n karavaan wat agterna gesleep is, ‘n Toyota Fortuner 2.4 GD-6 met 'n op sleeptou, ‘n Land Rover Discovery 4 TDV6 en ‘n twee-deur Jeep Rubicon.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko
Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens

Related Books & Audiobooks