Avontuur Afrika

Moeder Natuur op haar beste: ASEMROWENDE Zawbië

Zambië bied natuurlewe in oorvloed, groot oop vlaktes en massiewe vloedvlaktes, mere en watervalle. Dit is ‘n speelgrond vir reisigers wat bereid is om ‘n bietjie uit hul gemaksone te reis, op soek na hul volgende avontuur. Sonder twyfel, ‘n land wat op jou kluitklaplysie hoort. Hiér sal jy van die beste safari-ervarings op die planeet vind en Moeder Natuur op haar heel mooiste vind. Alles waarvoor die avontuurlustiges moontlk kan vra, word hier gevind… of jy kan eenvoudig deur die rustigheid opgeslurp word.

Laer Zambezi Nasionale Park

As jy al met jou vroeë oggendkoffie in die Nyamepi-kamp in Mana Poele kon sit en oor die Zambezirivier uitgetuur het, moet jy jouself as geseënd beskou. Jy het dan al die Laer Zambezi Nasionale Park – wat langs die noordelike kant van die Zambezi lê – onder oë gehad.

Saam sorg die twee parke dat dié gedeelte van die Zambezirivier grotendeels ongerep bly, en bied veral heerlike verkenningsopsies per boot. Vir Zambië is dit ook die laaste stuk van die Zambezi voordat die rivier uitvloei na Mosambiek (vandaar die naam, Laer Zambezi). Maar wees gewaarsku: besoek hierdie park vroeër eerder as later, aangesien die Zambiese regering dit goed gedink het om ‘n lisensie uit te reik vir ‘n oopgroef kopermyn in die park, wat ongetwyfeld die ongerepte natuurskoon sal versteur.

Daar is geen kampplekke in die Laer Zambezi Nasionale Park nie, maar die park spog met ‘n paar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related