Landbouweekblad

PLAASVERKOPE

MARKNEIGINGS

NOORD-KAAP KRY STEEDS SWAAR

Meegaande statistieke toon ’n ontleding van transaksies vir grond groter as 10 ha, in die Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga vir die tydperk vanaf Mei 2020 tot April 2021.

In 53% van die distrikte in die Noord-Kaap is dalende prysneigings waargeneem. Dit is duidelik dat dié provinsie steeds gebuk gaan onder uiters moeilike klimaat- en ekonomiese toestande, maar herstel is tog waarneembaar met 35% van die distrikte wat ’n herstel in grondpryse toon.

By Hopetown en Kimberley het pryse met meer as 10% gedaal, terwyl pryse by Prieska met meer as 10% gestyg het.

In die betrokke tyd is 205 transaksies in 17 distrikte gesluit – 6,2% meer as in die ooreenstemmende tyd die vorige jaar. Altesaam 338 582 ha is teen R1,737 miljard verhandel.

In Noordwes is ’n verbetering in grondpryse opmerklik in tien distrikte (76%). Die naloop van die moeilike landbou-omstandighede is steeds remmend op grondpryse in drie distrikte. Altesaam 511 transaksies (3,8% meer as die vorige 12 maande) is in 12 distrikte aangeteken. In die proses is 160 108 ha teen R2,211 miljard verhandel.

In Mpumalanga was daar 350 transaksies – 1,4% meer as die vorige jaar. In die proses is 87 460 ha teen R2,535 miljard verhandel. In 83% van die distrikte is gunstige prysneigings opgemerk. Pryse by Amsterdam het met 12,6% gestyg.

GAUTENG

PRETORIA

BOVENEIND GROENFONTEIN (126), 21 ha, aan S. Ieraci, van C.M. en P.S.W. Naudé, R650 000. BRANDBACH (471), 53 ha, aan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o