Die Tuinier Tydskrif

Probleemoplossing

Onthou, jou huisomgewing verskil dramaties van die kweekhuis waarin jou nuwe plant grootgeword het. Plante word in ʼn kwekery gekweek om vinnig te groei onder optimale toestande: hoe lig en vogtigheid, onbehandelde water, goeie lugbeweging en aangename temperature. Hul struktuur en vorm word voortdurend gemonitor om te verseker hulle lyk perfek vir verkoop. As ʼn plant daardie omgewing verlaat, kry dit te doen met minder lig, chemies behandelde water, bedompige lug en laer vogtigheid. Plante kan op ʼn omgewingsverandering reageer deur agteruit te gaan of blare te verloor namate hulle by hul nuwe toestande aanpas. Dit beteken nie ʼn plant is ongesond nie. Soos enige ander lewende ding het dit net tyd nodig om aan te pas.

Dis ook onrealisties om te aanvaar dat ʼn plant altyd so goed sal lyk as op die eerste dag. Loop net deur enige tuin en jy sal sien dat perfekte plante ʼn onrealistiese verwagting is. Plante wat nie ooreenstem met die verkoopsgereedbeeld van die in ʼn kwekery is nie altyd ʼn rede om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif2 min read
Wat Om Te Doen Julie
Plant ‘Tom Thumb’,’n bosagtige tuinertjie van Raw Seeds, in potte of klein plekkies in die tuin. Plante groei 30 cm hoog en 10 cm wyd, so spasieer hulle 10 cm uitmekaar. Die peule is op hul lekkerste as hulle binne 50 dae na ontkieming jonk gepluk wo
Die Tuinier Tydskrif1 min read
DOPAMIEN-dekor
Bring lewendige kleure, gewaagde patrone, tasbare teksture en ‘n gevoel van nostalgie bymekaar, en jou brein vertel jou om plesier, bevrediging en motivering te voel – die dopamien-effek. En, wat is meer nostalgies as krisante in ‘n pot? Kleur speel
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Brahman Hills, Kwazulu-natal
‘n Tuin wat tydens die 2020-inperking gebou is om die personeel in diens te hou terwyl die hotel gesluit was, het die gesogte toekenning RHS Partner Garden of the Year, Streekswenner in 2023 gewen. Brahman Hills in die KwaZulu-Natalse Middellande is

Related