Huisgenoot

MY MA: BIETJIE VIR BIETJIE WEG

SY WAS nog altyd bekend as die borrelende sangeres met die vonkelende oë en bos blonde lokke wat getuig van haar lewenslustige energie. Optimisties en gelukkig; onstuitbaar vrolik.

Maar vandag is haar binneste so grou soos die triestige weer en rustelose see hier aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal, en die hartseer slaan kort-kort in haar bekende stem deur.

Dis ses weke sedert Patricia Lewis se ma oorlede is, maar sy sukkel steeds om te aanvaar dat haar steunpilaar en beste vriendin vir ewig weg is. Linda Lewis, eens vir háár ’n bron van krag, is in die ouderdom van 79 oorlede.

‘AL WAS HAAR DOOD VREEDSAAM, BLOEI MY HART NOG ELKE DAG’

Vandag, nadat sy jare lank op versoek van haar ma verseg het om met Huisgenoot oor haar ma se diagnose te praat, stort Patricia haar hart uit.

Wat dit vir haar nog swaarder maak om haar ma se dood te verwerk, is hoe min daar oor was van die eens sterk vrou wat sy haar lewe lank geken het.

Want Linda was teen die einde so afgetakel deur alzheimersiekte dat sy beswaarlik kon praat. Dit was vir Patricia die uitklophou, want haar gesprekke met haar ma, met wie sy voorheen alles kon deel, was nog altyd vir haar kosbaar.

“Sy kon nie meer vir my sê ‘hallo, my kosbaarste skat’ soos sy altyd het nie. O, sy het probeer, maar dit was mompelend,”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot4 min read
Wéér Saam In Nog ’n Storm
IN TYE van verlies of hartseer maak bloed- en liefdesbande jou sterker. Dis die krag van daardie band wat vandag die akteur Jurgen McEwan en sy susters, Leonie en Cheslynn, hier in hul grootwordhuis in Atlantis omvou. Want die lewe het hulle weer ’n
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related