Weg! Ry & Sleep

Die Suidkus se goue oues

Die wintermaande is sinoniem met ’n paar dinge: Die aalwyne blom dat die biesies bewe, en as jy wil biltong maak, is dit nóú die tyd... Maar as jy kamp, sit jy m et die hande in die hare. In die binneland vries die water in die krane en in die Kaap is dit reënseisoen. Die Krugerwildtuin is ’n gawe opsie omdat die bos dan yler is en diere watergate toe mik, maar dit is ook die besigste seisoen en daar’s ook net soveel plek.

Vir ’n aangenamer klimaat in die kouer maande klop min plekke die KwaZulu-Natalse Suidkus. Dis net sewe uur se ry van Gauteng en Bloemfontein af, en jy kan binne ’n dag weg wees uit die winterwêreld.

Natuurlik is hier ’n ooraanbod van kampplekke. In die 150 km of wat tussen Durban en die Wildekus is hier maklik 35 woonwaparke waaruit jy kan kies. Skaars ’n uur suid van Durban loop jy ou bekendes raak. Ons trek af by Mac Nicol’s- en die Scottburgh-woonwapark.

MAC NICOL’S-WOONWAPARK

Goue bruilof

Vakansieoorde teen hierdie kus word in twee groepe verdeel deur die bekende treinspoor van 111 km tussen Durban en Port Shepstone wat in 1907 voltooi is: Daar’s dié teenaan die see en die res anderkant die treinspoor,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related