Weg! Platteland

Eg Engelse sjarme

Wanneer ’n mens van Johannesburg af suid mik Henley on Klip toe, eindig jou rit 50 km later wanneer die R59 in Henley-rylaan afdaal. Ná die industriële pakstore van Midvaal is die laaste ding wat jy verwag, ’n stukkie landelike Oxfordshire reg langs die snelweg.

Henley on Klip is in 1904 gestig deur Horace Kent, ’n advokaat en eiendoms-ontwikkelaar wat dadelik aan Henleyon-Thames in Engeland gedink het toe hy die eerste keer op die plaas Slangfontein sien hoe die wilgertakke oor die Kliprivier se waters wieg.

Sedert daardie eerste dae is die dorpie ’n gawe plek vir stadsmense wat wil wegbreek van die gejaag. Kort ná Kent se aankoms uit Engeland in 1898 het hy met die Small Farms Company saamgespan en teen £5 000 ’n stuk grond van 410 morg – ongeveer 350 ha – hier gekoop, met nog 781 morg (670 ha) wat later bygekom het. Na die noorde toe het Settlers Syndicate 500 morg (430 ha) gekoop – die deel wat vandag as Highbury bekend staan.

Nadat hulle die nasionale departement van landbou geraadpleeg het, het die Small Farms Company 20 000 appelbome in die gebied geplant. In 1905 word ’n keerwal gebou om die rivier op te dam en geriewe word opgerig om regatta-geleenthede te hou. Die water sou boonop die twee dele van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related