Landbouweekblad

Damaras diamant in boerderykroon

PLAASINLIGTING

LIGGING: Hopetown

NAAM: Zandraai-boerdery

EIENAARSKAP: Maatskappy

VERTAKKINGS: Damaras, mielies, springmielies, koring, gars, kleinveeveilingslokaal, wild, jag, ekotoerisme (wat wildkyksafari’s, fotografie en kunsaashengel insluit), ’n plaasgastehuis en konferensiegeriewe

GRONDTIPE: Clovelly

VELDTIPE: Karootipe

GEMIDDELDE REËNVAL: 250 mm per jaar

KORTOM

■ Danksy die Damara se voortreflike eienskappe, soos vrugbaarheid, gehardheid, goeie moedereienskappe en tropgebondenheid, is die speensyfer sowat 110%.

■ Die stoetery lê in teling veral klem op rasegtheid, groeivermoë, bespiering en lengte – die basiese eienskappe wat nodig is vir ekonomiese boerdery.

■ Damara-ooie vat ram soos wild en kom op hitte wanneer die toestande gunstig is.

■ Die ooie speen self hul lammers op ongeveer 80 dae en is dan dadelik weer gereed om gedek te word, mits die toestande reg is.

Met ’n boerdery wat tans al die vierde, vyfde en sesde geslag van die Blumenthal-familie op sy werf het, weet mnr. Frank Blumenthal, sy seuns en ’n kleinseun reeds haarfyn wat op hul grond werk en wat nie werk nie. Deur die jare het hulle gevolglik ’n boerdery ontwikkel waarin uiteenlopende vertakkings ten beste werk.

Hul plase is tussen Hopetown en Orania aan die Vrystaatkant van die Oranjerivier geleë. Die boerdery verbou mielies, springmielies, koring en gars onder besproeiing uit die Oranjerivier, wat digby die plaas verbyvloei. Hulle het ook Damara-skape, wat uitstekend daar aangepas is, ’n kleinveeveilingslokaal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related