Landbouweekblad

Sorg vir die grond, en die grond sorg vir jou

PLAASINLIGTING

LIGGING: Wakkerstroom, Mpumalanga

NAAM: Langfontein

EIENAARSKAP: Maatskappy

VERTAKKINGS: Mielies, sojabone, aangeplante weiding (raaigras), vleisbeeste, wolskape, voerkrale, graansilo’s, graandrogingsaanleg, saadfabriek, kunsmisaanleg en landbou-adviesdiens

GRONDTIPE: Verskeidenheid, soos Kranskop, Avalon en Hutton, met 15-35% klei

VELDTIPE: Hoëveld-suurveld

GEMIDDELDE REËNVAL: 750-850 mm per jaar

KORTOM

■ Die sukses van die Langfonteinplan sluit die bepaling van die grond se potensiaal in.

■ As deel van die plan word kalktoediening gedoen om die pH reg te kry vir gewasverbouing, kultivars slim gekies en seker gemaak van die optimale planttyd, plantdiepte, rywydte en stand.

■ Die boerdery volg ook ’n volledige gewasbeskermingsprogram wat klem lê op voorkomende bespuiting en behandeling, probeer korrektiewe optrede tot die minimum beperk, en dien alles teen die aanbevole, geregistreerde dosisse toe.

Keer altyd terug na die grond en basiese grondbeginsels.

Dít is die kern van die Langfonteinplan wat mnr.BP Greyling op sy plase by Wakkerstroom in Mpumalanga ontwikkel het. Rondom hierdie beginsel het hy ’n praktiese boerderystelsel opgebou wat enige boer in staat stel om maksimum oeste te behaal.

Hy het grootgeword op Wakkerstroom, wat hy die knersvlakte noem, want die winters is lank en koud en landerye is in die ou dae gemaak om vee deur die koue te kry, nie juis om graan kommersieel te verbou nie. Die kwik daal soms tot -18 °C. Daarom verg dit uitsonderlike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo