Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

HAASTIG

ie regering beur voort met regulasies vir die gebruik van water vir die eksplorasie van skaliegas, al is ’n omvattende ondersoek na die werklike situasie van watergehalte en -beskikbaarheid in die Karoo nog nie naastenby afgehandel nie. Boonop is dié regulasies, wat op 7 Mei gepubliseer is vir kommentaar in die opvolgende 90 dae, swak en. Volgens die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) is daar byvoorbeeld geen aanduiding waarop die regulasies se verbod op eksplorasie binne 5 km van dorpe se ondergrondse waterbronne, damme, fonteine of strategiese waterbronne gegrond is nie. Die regulasies verbied die gebruik van gevaarlike of giftige stowwe in boorvloeistof of as bymiddel tot hidrobreking-vloeistof, en alle inligting oor die watergebruiklisensie vir hidrobreking moet beskikbaar wees vir enigeen wat dit wil sien.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o