Huisgenoot

ONSE ANNELINE: PRAGTIG EN GELUKKIG OP 65

'DIE GROOTSTE VOORREG WAT EK HET, IS DAT EK GELUKKIG IS. EK IS GELUKKIG IN MY LEWE EN MY OMGEWING, EN EK VOEL NET HEELTEMAL TEVREDE MET MYSELF'

IN HAAR lang blonde lokke speel ’n silwer haar hier en daar wegkruipertjie. Maar waar sy haar nou op die rand van ’n swembad in die son uitstrek, is Anneline Kriel steeds ’n skoonheid wat die koppe sal laat draai. As jy nie geweet het dat sy in 1974 as 18-jarige dramastudent die Mej. Wêreld-kroon vir ons huis toe gebring het nie, sou jy nooit kon raai dat sy al 65 somers beleef het nie.

Hoe kry sy dit reg om haar jare met soveel grasie te dra? Vra jy na haar skoonheidsgeheime, kom die antwoord met daardie bekende, lieflike glimlag: “Daar is nie eintlik ’n geheim nie, maar ek probeer natuurlik op my ouderdom die beste lewe lei wat ek kan.”

Dan verduidelik sy: “Ek dink die grootste voorreg wat ek het, is dat ek gelukkig is. Ek is gelukkig in my lewe en my omgewing, en ek voel net heeltemal tevrede met myself.”

Dis eintlik juis danksy die ouderdom, voeg sy by.“’n Mens aanvaar meer jou omstandighede. Toe ek jonk was, het ek dinge probeer en kanse gevat. Ek dink as ’n mens ouer raak, waardeer jy meer wat jy het en wat om jou is as om te wil hê wat ander het.”

Vir die afgelope dekade het Anneline uit die kollig verdwyn

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related