Landbouweekblad

Nuwe program help brandstof, tyd bespaar

TREKKERWERKVERRIGTING

Toe mnr. Jaco Dippenaar tien jaar gelede begin om bakkies en ander voertuie se kraglewering te verbeter, het hy nooit kon droom dat dieselfde beginsel vier jaar later tot ’n volwaardige besigheid sou lei om dieselfde vir landbouwerktuie te doen nie.

“Ek het begin met voertuie in ’n tyd toe die gebruik om jou bakkie vir beter werkverrigting te laat chip, begin vlamvat het. Vier jaar later was die mark egter versadig aan verskaffers van dié soort diens, en ek het na ’n nuwe mark begin soek vir my besigheid.”

Die gedagte om landbouwerktuie op dieselfde manier te verstel en sodoende ’n boer brandstof te help bespaar en die potensiële krag in ’n trekker of stroperenjin verder te ontsluit, het toe posgevat.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o