Landbouweekblad

Saffraanproduksie uitgeknip vir Karoo

Wanneer alles in die dorre Karoo onder jou weggeraap word, bly net geloof, hoop en planne oor. “Ek glo nuwe dinge en geleenthede word gebore wanneer iets tot niet gaan,” sê mnr. Eric Brown (39) van Elandsfontein, suidwes van Laingsburg, wat in 2019 sy plaas en hele boerdery naby die ou Karoo-spoorweghalte Konstabel verloor het.

Ondanks terugslae het dié jong boer nie gaan lê nie. Twee jaar later is hy een van die Wes-Kaap se grootste blomkool-, broccoli- en spinasieprodusente. Hy verbou ook botterskorsies.

Brown is vandag ook Suid-Afrika se eerste private kommersiële saffraanboer. Hy gesels geesdriftig oor sy uitbreidingsplanne met hierdie gewas.

Op sy vorige plaas by die Konstabelstasie, met groente en vrugtebome, het misoeste hom bloots gery vanweë die droogte, asook ’n onkunde oor kultivars. Net in 2016 het hy ’n taamlike oes gehad. “In die Karoo is die klimaat altyd die een of ander uiterste, en in 2019 is alles onder my uitverkoop. Ek het met ’n vrou en vier kinders gesit vir wie ek moes sorg. Gelukkig het ek ook besef: Al verloor jy alles, is alles nie verlore nie – hoop, planne en geloof trek jou deur.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Karooboorling Kom Via Australië Kaap Toe
Dit is nie ongewoon dat Suid-Afrikaners wat na die buiteland uitgewyk het, terugkom nie, maar dit gebeur nie sommer dat diegene wat in ’n ander land gaan boer het, terugkeer nie. Adriaan en Margareth Frick, hul seun en dogter, Pieter en Lia, het die
Landbouweekblad2 min read
In ’n blik
Die Kougadam het begin Junie vir die tweede keer sedert einde September 2023 oorgeloop ná wydverspreide reën in sy opvangsgebied. Die dam het verlede September vir die eerste keer sedert 2015 oorgeloop ná ’n langdurige droogte in die opvangsgebiede.
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
TOT dusver vanjaar het speenkalfprysbewegings ’n korrelasie van 99% met die speenkalfpryse van 2018 getoon, hoewel die pryse wat aangeteken is gemiddeld 7% laer as die gemiddelde prys in 2018 is. Dr. Johnny van der Merwe, direkteur van AMT, sê die af