Landbouweekblad

Ultrahoëdrukbeweiding help met herstel van weiveld

Enige veeboer wat al wyd in Suid-Afrika gereis het, kan daarvan getuig dat die land se diverse natuurlike weiveld dikwels op verskillende maniere afgetakel is weens swak bestuurspraktyke oor ’n lang tyd. Dit is hartseer en kommerwekkend. Nie alleen kniehalter dit die betrokke kommersiële veeboere se vermoë om hul volle produksie- en winspotensiaal te bereik nie, maar dit kan ook daartoe lei dat huidige en toekomstige geslagte nie meer grond het wat die voedsel en vesel kan produseer waarsonder die wêreld nie kan klaarkom nie.

Daar is al verskeie kere in Landbouweekblad geskryf oor mnr. Danie Slabbert, ’n gewas-en-veeboer naby Reitz in die Oos-Vrystaat, se herlewingslandboupraktyke wat hy 14 jaar gelede op sy plaas Van Rooyenswoning begin toepas het. Een daarvan was die inwerkingstelling in 2017 van ultrahoëdrukbeweiding (UHDB) by sy kommersiële beeskudde van sowat 500 diere. Dié kudde bestaan hoofsaaklik uit Drakensberger-teelkoeie wat op die plaas se 300 ha natuurlike suurveld wei.

Volgens die Suid-Afrikaanse gras-en-weidingskundige mnr. Frits van Oudtshoorn, wat ook boeke oor dié onderwerp geskryf het, is baie min formele navorsing voor 2017 in Suid-Afrika gedoen om vas te stel watter voordele, indien enige,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo