Finweek - Afrikaans

Generasie Z se geldsake

hulle is die generasie wat bedrewe met tegnologie is, dié wat nou in hul twintigerjare is. Jy kan vir hulle vra watter kabeltjie kom waar en wat jy moet doen as jou rekenaar jou ignoreer.

Hulle het ’n toep vir als en van sosiale media kan jy hulle niks vertel nie; inteendeel, hulle besoek selfs TikTok vir raad oor persoonlike finansies.

Tik ’n bietjie #personalfinance op TikTok in en jy sal sien dat daardie video’s al meer as 4,3 miljard keer bekyk is, terwyl #personalfinancetips al 34 miljoen keer bekyk en #personalfinancetok al meer as 7,4 miljoen trefslae het.

Sakhile Mabena het ’n finansiëletegnologie-onderneming, Ofin, wat in gedragsdata-analise, finansiëleprosessering-outomasie en gedragsgegronde finansiering spesialiseer en as iemand wat onlangs self 30 geword het, het hy nog sy vinger op die pols van die generasie.

“Ons gebruik en as kortpaaie tot besluitneming en mense spring so maklik op die lawaaiwa en dink as soveel mense dink iets is reg of waar dan moet dit so wees. Hulle gaan nie self feite na of kyk na die geloofwaardigheid van die mense op hierdie platforms nie. Sosiale media beïnvloed ons besluite of ons dit wil erken of nie. Ek sal nie sosiale media voorstaan as jou enigste bron van finansiële raad nie, daar is net te veel dinge wat verkeerd kan gaan en net te veel mense wat hulle as sogenaamde kenners voordoen.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes

Related